SKOOLDRAG: SEUNS Wit skool hemp met lang- of kortmoue Skooldas / Matrieks dra 'n spesiale das Grys skoollangbroek of kortbroek Swart toeryg skoolskoene, Grys skoolkouse met skoolkleure Vlootblou skoolbaadjie Jade skooltrui (langmou- of oortrektrui) Geen juwele mag gedra word nie. HARE: SEUNS Hare moet netjies kort en skoon wees. Hare mag nie oor ore of kraag hang nie. Wangbaarde, baarde en snorre word nie toegelaat nie. Geen ligstrepe in hare word toegelaat nie en geen jel mag aan hare gesmeer word nie. Uitspattige en vreemdsoortige haarstyle pas nie by ons seuns nie. Kuif se natuurlike lê moet te alle tye bokant die wenkbroue wees. Hare mag nie gekleur word nie. Seuns wat al skeer, moet dit gereeld doen. 'n 'Step' word toegelaat, maar mag nie in 'n V-vorm gesny wees nie. 'Step' mag nie te diep ingesny wees nie; geen 'undercut' word toegelaat nie. Seuns wat moedswillig is en weier om saam te werk, sal nie by die skool toegelaat word voordat hul haarstyl tot bevrediging van Hoof is nie. SKOOLDRAG: DOGTERS Wit skoolbloes met kortmou (soos by leweransier beskikbaar is) (somersdrag) Wit langmouskoolbloes (winter) Skooldas / Matrieks dra 'n spesiale das Vlootblou rompie Vlootblou langbroek (Wit skoolhemp met skooldas, skooltrui of skoolbaadjie moet hierby gedra word.) Wit skoolsokkies met skoolkleure Swart skoolskoene (toeryg sowel as "baby-doll" – tipe toelaatbaar) Jade skooltrui (langmou- of oortrektrui). Vlootblou skoolbaadjie HAARVERSIERINGS EN JUWELE: DOGTERS Slegs wit, vlootblou of rooi haarversierings is toelaatbaar. Geen sierstrikke of -spelde is toelaatbaar nie. Klein, goue of silwer knippies mag gedra word. Geen juwele nie behalwe klein goue of silwer oorringetjies of "stud" is toelaatbaar. (slegs een oorring in elke oor.) |